Dit is noodsaaklik om begaafde kinders betyds te identifiseer, daarom fokus ek hier op die karaktertrekke van begaafde leerders.
Alle begaafde kinders is nie eenders nie, inteendeel, hulle verskil. Sommige van die karaktertrekke kan selfs onderontwikkeld wees. As ‘n leerder egter ‘n aantal van die karaktertrekke openbaar, is dit die moeite werd om ‘n IK-toets te doen. Veral as die leerders onderpresteer.
Hier volg ‘n aantal karaktertrekke, ingedeel onder kognitief, kreatief, affektief en gedrag:
Verstandelike vermoëns van begaafde kinders
Let asseblief daarop dat verskeie van hierdie karaktertrekke onderontwikkeld kan wees indien die ontwikkeling daarvan tydens vroeë kinderjare onderdruk is of indien daar nie aandag aan die ontwikkeling daarvan gegee is nie. soms sien mens dit raak in die opstelle wat die leerders skryf, of die antwoorde wat hulle gee as jy naby aan hulle belangstellingsveld beweeg.
Skeppende denke
- kreatief en skeppend
- vindingryk
- gevorderde humorsin
- fantaseer maklik
- oop vir stimuli, wye belangstellingsveld
- onafhanklike houding en sosiale gedrag (kan probleem wees)
- aanvaar self en is nie noodwendig te vinde vir sosiale norme nie
- radikalisme (soms)
- estetiese en morele toegewydheid tot sake wat vir hulle van belang is.
Gevoelens en emosies
Optrede en gedrag kenmerkend aan begaafde kinders
- spontaan
- ongebonde entoesiasme
- intens-gefokusde passies
- buitengewone konsentrasie in areas waarin hulle belangstel
- impulsief, gretig, en begeesterd
- vra aanhoudende vrae
- onversadigbaar nuuskierig
Naskrif: Ek, en ander opvoedkundiges, gaan gereeld artikels oor die begaafde kind skryf. Kliek op “follow” of blaai af en teken in om per e-pos verwittig te word wanneer nuwe artikels gepubliseer word. Kliek op die artikel as u daarvan hou, en blaai effens af om kommentaar te lewer as u wil bylas of vrae wil vra. Ons antwoord graag.
Goeie more
Sal graag nuusbriewe wil ontvang!
LikeLiked by 1 person
Het jy ingeskryf? Ek sal gaan loer. Ek gaan vanjaar aandag aan die onwikkelimg. an hierdie webwerf gee. Was laas jaar baie vas.
LikeLike
Laat weet asseblief dringend as jy rooi boodskap kry oor die webwerf. Facebook het dit verkeerdelik as phishing gemerk en antwoord nie op my e-posse nie. Ek vermoed iemand wat jaloers is, het so probeer keer dat hierdie webwerf bekendgestel word. Klik dan asseblief net op nie phishing nie om die probleem te help oplos.
LikeLiked by 1 person