Gepubliseer in Onderprestasie

Oorsake vir onderprestasie

Dit klink so onmoontlik, maar dit is ‘n werklikheid. In 1980 is bevind dat ongeveer die helfte van alle begaafde seuns in graad 8 (toe standerd 6) onderpresteer.Laat ons dus kyk na faktore wat tot onderprestasie bydra.

Verskeie faktore kan daartoe bydra dat begaafde leerders onderpresteer. In hierdie artikel fokus ek op die faktore wat deur Reis en McCoach (2002) geïdentifiseer is.

  1. Begaafde onderpresteerders presteer aanvanklik goed, maar hulle raak verveeld en gefrustreerd deur ‘n kurrikulum in die laerskool wat nie op hulle vlak van ontwikkeling gebaseer is nie. Daar is ‘n verband tussen ‘n te maklike of onvanpaste kurrikulum in die eerste skooljare en onderprestasie in die senior fase en hoërskool gevind.
  2. Onderprestasie kan periodiek en in episodes voorkom, sommige jare en in sommige klasse. Begaafde onderpresteerders neig veral om te onderpresteer as hulle nie van hulle onderwysers hou nie. Indien die oorsake vir onderprestasie nie opgespoor word nie, verval die leerders in ‘n kroniese patroon van onderprestasie.
  3. Alhoewel verhoudings met die ouers ‘n verband met onderprestasie het, is dit nog nie duidelik hoe dit ddie begaafde onderpresteerder raak nie.
  4. Die portuurgroep kan ‘n belangrike rol speel tydens die omkeer van onderprestasie, daarom is dit belangrik om die portuur by die proses te betrek – indien hulle prestasie aanmoedig en nie ontmoedig nie.
  5. Besige begaafde leerders is geneig om nie so maklik soos ledige begaafdes te onderpresteer nie. Dit is nie die doel om hulle te besig te hou nie, maar eerder om hulle geleenthede te bied om goeie selfreguleringsvaardighede te ontwikkel.
  6. Dit is voordelig om begaafde leerders te help om gereelde patrone van werk en oefen te ontwikkel. Om gereelde tyd vir musiek, dans, kuns, huiswerk en lees te skep blyk voordelig te wees. Sodoende kan die leerders selfreguleringsvaardighede ontwikkel.
  7. ‘n Onderwyser of volwassene in die skool wat omgee, kan help om die proses om te keer. Dit lan ‘n afrigter, sielkundige of onderwyser van een die leerder se leerareas wees.
  8. Sommige begaafde leerders onderpresteer direk as gevolg van ‘n nie-uitdagende kurrikulum wat veroorsaak dat hulle verveeld raak, gefrustreerd raak en selfs klasse ontwrig. Voordat programme in plek gestel word om hulle gedrag te verander, moet die nie-uitdagende kurrikulum aangepas word. Indien die kurrikulum nie verander kan word nie, moet houdings teenoor leerders wat doelbewus onderpresteer, verander en pogings aangewend word om hulle betrokke te maak, te motiveer en uit te daag.
  9. Te min ingrypings fokus op die identifisering van die oorsake vir onderprestasie. Indien die oorsake vir die onderprestasie nie opgespoor kan word nie, kan pogings om die begaafde onderpresteerders te help om weer te presteer misluk.

Bron:

Reis, en McCoach 2002. The underachievement of gifted students: Multiple frustrations and few solutions.

Foto: Sharyn Canyon, Qazaqstan, Maart 2020

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Oorsake vir onderprestasie

      1. Beslis. Omdat ek in die laerskool en hoërskool skool gehou het het ek waardevolle ondervinding opgedoen oor hoe sekere onderwysers se koppe ook werk. SElfs hier kom ek sekere dinge agter wat hul nie n idee van het nie net omdat hul nie werklik dieper betrokke raak nie.

        Like

      2. Netso. My beskeie mening is dat die top kandidate in n eie klas of omgewing moet skoolgaan sodat hul nie teruggehou word deur die gemiddelde kinders nie, Selfde met die swakker leerder wat volgens hul eie vermoë kan werk. Daar kan steeds gesamentlike klasse wees sodat hul van mekaar kan leer en mekaar kan help.

        Liked by 1 person

  1. Inklusiewe onderwys klink goed in teorie, maar faal in praktyk in SA enbdalk elders ook. Kinders aan beide kante van die kurwe val af. Indien elke skool nie sy eie paramediese personeel het, sowel as verrykende klasse vir die begaafde kinders nie, bly die ideaal onvervuld.

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.