Die baie ou kuns om goed te redeneer is besig om uit te sterf. Ons sien oral om ons dat mense net opinies het, maar niks kan bewys wat hulle kwytraak nie.
Ek gee hier ‘n raamwerk van vereistes vir die skryf van toesprake vir redenaarskompetisies by die ATKV. Ek hoop dit help sommer baie mense! Veral diegene wat teen betaling toesprake skryf, maar nie hierdie vereistes ken nie!
Paragrawe en wenke | Voorbeeldsinne |
PARAGRAAF 1: Kry die gehoor se aandag. Laat hulle wonder wat is jou standpunt, maar hou dit kort! | Word u ook moeg vir al die negatiewe gesprekke oral waar u kom? Voel dit vir u ook of meeste mense net wil kla en nie na die oplossing van ‘n probleem wil soek nie? Dames en here, dan sit ons om dieselfde vuur. |
PARAGRAAF 2: Jou standpunt moet baie duidelik wees. Almal moet weet waarvoor jy staan.: | Voorsitter, dames en here, my standpunt is dat elke probleem ‘n oplossing het. Ek bewys hierdie standpunt graag aan u. |
PARAGRAAF 3: (Begin by ‘n redelike goeie rede wat die gehoor se aandag sal trek, maar nie jou beste argument nie. ***Bou op na die belangrikste argument) Onthou elke rede/motivering lyk so: 1. Rede, 2. aanhaling as bewys, 3. interpretasie van die aanhaling om jou rede verder te bewys. | 1. Kom ons neem die feit dat elkeen van ons vandag melk uit ‘n yskas kon haal. Wat ‘n voorreg! Ons voorouers het eindelose probleme gehad met voedselbewaring. 2.Uit die Britanica Ensiklopedie haal ek die volgende aan:”… ancient people, including Greeks and Romans cooled their food with ice transported from the mountains.” 3.Kan u sien dat die mens nie opgegee het met die idee van voedselbewaring nie, maar aanhou eksperimenteer het tot hy ‘n betroubare yskas gemaak het? Waarom wil ons elke uitdaging as ‘n onoplosbare probleem sien? Dit is asof dit nie eie is aan die mens om so te wees nie. |
PARAGRAAF 4: *Gee jou tweede rede. Lei die gehoor en sê dat jy nou die volgende bewys gaan bespreek. Onthou elke rede/motivering lyk so: 1. Rede, 2. aanhaling as bewys, 3. interpretasie van aanhaling om jou rede verder te bewys. Gee op hierdie wyse dan 4-5 redes | 1. In my volgende argument wil ek graag die vliegtuig onder u aandag bring. Baie vliegtuie het geval voordat die mens redelik veilig van een plek na’n ander kon vlieg. Maar meer fassinerend is dat elke vlieguigongeluk ondersoek word. Uit die bevin-dinge wat gemaak word, leer ons hoe om nóg veiliger te vlieg. 2. *Staaf (bewys) jou rede uit ‘n betroubare bron waaruit jy woordeliks aanhaal. *3. Gebruik die bron om jou punt te bewys. Jy moet dus die punt vir die gehoor interpreteer en nie net doelloos aanhaal nie |
Paragraaf 5 Gee hier jou tweede belangrikste argument/rede | In die derde plek moet ons onthou… |
Paragraaf 6: Hierdie is jou hoofargument. Jou hoogtepunt dus. Gee baie aandag aan wat jy hier redeneer! | My vierde en belangrikste argument is: |
Paragraaf 7: Slot/Samevatting: NOEM KORTLIKS AL JOU BEWYSE. LEI JOU GEHOOR OM MET JOU SAAM TE STEM. | Dames en here, as ek nou bewys het dat die mens nie moed opgegee het met sy probleem om voedsel te bewaar nie en ek het bewys dat die mens elke keer wat ‘n vliegtuig geval het die ongeluk ondersoek het en daaruit geleer het en ek het bewys dat die mens op die gebied van geestelike- en liggaamlike siektes al soveel siektes oorkom het, dan behoort u saam te stem dat elke probleem ‘n oplossing het. |
Die lekker van redeneer is om mense te oortuig, mense tot nuwe insig te bring en tot nuwe hoogtes te lei. Geniet die kuns as jy dit oefen en onthou om dit toe te pas in die alledaagse lewe. Maar onthou: Bewys altyd wat jy beweer!
Dit is perfekte raad, baie dankie San.
LikeLike
Dankie. Ek hoop dit help iemand.
LikeLiked by 1 person
Gaan beslis baie help
LikeLike
Goeie raad uit die juffrou se mond.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie. Dit was maar ‘n ding om leerders te kry om dit te volg!
LikeLiked by 1 person
Jy het jou deel gedoen.
LikeLike
❤❤❤
LikeLike