Gepubliseer in Afrikaans Hulp

Taalleer: Kritiese Taalbewustheid

In hierdie artikel word kritiese taalbewustheid bespreek.

Kritiese taalbewustheid

Is die volgende sinne voorbeelde van neutrale taal, partydigheid, stereotipe taal, emotiewe taal/gevoelstaal, manipulerende taal of veralgemening?

SinTipe taal
As jy groente eet, kan jy nagereg kry. 
Tieners is snobisties. 
Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word. 
Die nar is skreeusnaaks. 
Die nar is snaaks. 
Sy kan ongelooflik laag sing. 
Sy kan laag sing. 
Meisies kan net kerm en kla. 
My span het vandag die beste gespeel. 
Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook. 
Koop hierdie haarkleur wat  jou hare voed en laat blink. 
Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig. 
Juffrou is die beste juffrou in die skool. 
Ons skool is beter as julle skool. 
Ons het ‘n goeie skool. 
Almal hou van rugby. 
Was asseblief die kar. 
As jy die kar was, mag jy hom leen. 
Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou. 
Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie. 

Memorandum      Kritiese taalbewustheid

SinTipe taal
As jy groente eet, kan jy nagereg kry.Manipulerende taal
Tieners is snobisties.Stereotipering
Gee honderd rand vir die armes. Jy sal geseën word.Oorredende taal
Die nar is skreeusnaaks.Emotiewe taal
Die nar is snaaks.Neutrale taal
Sy kan ongelooflik laag sing.Emotiewe taal
Sy kan laag sing.Neutrale taal
Meisies kan net kerm en kla.Stereotipering
My span het vandag die beste gespeel.Partydigheid
Help my met my huiswerk of ek sê vir Ma jy rook.Manipulerende taal
Koop hierdie haarkleur wat  jou hare voed en laat blink.Oorredende taal.
Almal wat in hierdie skool is, is gelukkig.Veralgemening
Juffrou is die beste juffrou in die skool.Manipulering
Ons skool is beter as julle skool.Partydigheid
Ons het ‘n goeie skool.Neutrale taal
Almal hou van rugby.Veralgemening
Was asseblief die kar.Neutrale taal
As jy die kar was, mag jy hom leen.Manipulering/oorredende taal
Hierdie koeldrank bevat vitamines wat goed is vir jou.Oorredende taal
Die hele klas sukkel met Afrikaans. Nie net ek nie.Veralgemening

Skrywer:

Ek is 'n afgetrede Afrikaans Huistaal onderwyseres. Ek het 22 jaar vir seniors Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. Eerstens skryf ek gedigte en kortverhale. Verder het ek begin met die reeks: Skryfwenke vir almal. Laastens skryf ek ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10-12 .

3 gedagtes oor “Taalleer: Kritiese Taalbewustheid

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.