Die volgorde van gebeure is baie belangrik as jy ‘n verslag of enige skryfstuk skryf, maar dit is ook ongelooflik belangrik in prosastudie, dramastudie en studie in die algemeen.
Skryf die korrekte nommer langs die paragraaf sodat die volgorde van die kortverhaal sin maak
erik se t-hemp
deur marisa haasbroek
memorandum is verskaf
1. | Van sy veertiende jaar af het dinge al hoe moeiliker geword. Hoe kon ek dan dink dit sal anders wees op dié belangrike dag? |
2. | Ek kry maklik plek omdat ek alleen is; daar is mos altyd een-een-sitplekke oop. Iemand speel orrelmusiek soos in die kerk. Die mense praat ook net so saggies soos in die kerk. Ek soek Erik se naam in die program, kry hom daar tussen die Grovés. Ek soek hom tussen die rye en rye studente; ek kry hom omdat hy van agter net soos sy pa lyk. Ek sluk aan ‘n knop in my keel. |
3. | “Is jy klaar?”, vra ek. “Oor ‘n uur begin die storie en ons moet nog parkeerplek soek.” |
4. | “Erik Grové!” roep die professor. Erik wag vir die foto se neem, stap dan verder. Toe gaan staan hy in die middel van die verhoog en ruk sy toga oop. |
5. | “Jy kan nie ‘n T-hemp aantrek na ‘n gradeplegtigheid nie!” kla ek. Erik hou die toga styf toe, maar ek kan mos sien daar is g’n boordjie nie. |
6. | Die mense trek hul asems in. Toe begin hulle hande klap en een vir een staan hulle op. Tot die professor klap hande. |
7. | Almal staan op toe ‘n lang ry professore van agter ingestap kom. Net twee van hulle loop tot op die verhoog. Die studente beweeg soos ‘n lang ry miertjies teen die sytrap op, verdwyn agter die gordyne en kom een-een uitgestap soos hul name geroep word. Hulle gaan staan eers tot die fotograaf se flits geflits het en stap dan na die man wat hul name uitgeroep het. Elkeen kry ‘n rolletjie papier. Daar is baie studente wat B.Com-grade kry. As die professor “cum laude” ná die naam sê, klap die mense ‘n bietjie harder. |
8. | “En op hoeveel gradeplegtighede was Ma al?” Dis ‘n lae hou; hy weet goed hoe pla my min geleerdheid my. |
9. | “Moenie vir Ma overdress nie. Netnou dink die mense ons is niks gewoond nie. En moet Ma daai pienk outfit dra? Dit laat Ma se wange so rooierig lyk.” |
10. | Toe die G’s begin, voel ek my maag draai. Sê nou Erik val of iets? |
11. | Ek bly sit. Ek byt my lip tot hy bloei, maar die trane wil nie ophou kom nie. “Dankie, Ma! “ sê die vet, swart letters op die T-hemp. |
Memorandum
Erik se T-hemp DEUR MARISA HAASBROEK
1. | Van sy veertiende jaar af het dinge al hoe moeiliker geword. Hoe kon ek dan dink dit sal anders wees op dié belangrike dag? |
2. | “Jy kan nie ‘n T-hemp aantrek na ‘n gradeplegtigheid nie!” kla ek. Erik hou die toga styf toe, maar ek kan mos sien daar is g’n boordjie nie. |
3. | “En op hoeveel gradeplegtighede was Ma al?” Dis ‘n lae hou; hy weet goed hoe pla my min geleerdheid my. |
4. | “Is jy klaar?”, vra ek. “Oor ‘n uur begin die storie en ons moet nog parkeerplek soek.” |
5. | “Moenie vir Ma overdress nie. Netnou dink die mense ons is niks gewoond nie. En moet Ma daai pienk outfit dra? Dit laat Ma se wange so rooierig lyk.” |
6. | Ek kry maklik plek omdat ek alleen is; daar is mos altyd een-een-sitplekke oop. Iemand speel orrelmusiek soos in die kerk. Die mense praat ook net so saggies soos in die kerk. Ek soek Erik se naam in die program, kry hom daar tussen die Grovés. Ek soek hom tussen die rye en rye studente; ek kry hom omdat hy van agter net soos sy pa lyk. Ek sluk aan ‘n knop in my keel. |
7. | Almal staan op toe ‘n lang ry professore van agter ingestap kom. Net twee van hulle loop tot op die verhoog. Die studente beweeg soos ‘n lang ry miertjies teen die sytrap op, verdwyn agter die gordyne en kom een-een uitgestap soos hul name geroep word. Hulle gaan staan eers tot die fotograaf se flits geflits het en stap dan na die man wat hul name uitgeroep het. Elkeen kry ‘n rolletjie papier. Daar is baie studente wat B.Com-grade kry. As die professor “cum laude” ná die naam sê, klap die mense ‘n bietjie harder. |
8. | Toe die G’s begin, voel ek my maag draai. Sê nou Erik val of iets? |
9. | “Erik Grové!” roep die professor. Erik wag vir die foto se neem, stap dan verder. Toe gaan staan hy in die middel van die verhoog en ruk sy toga oop. |
10. | Die mense trek hul asems in. Toe begin hulle hande klap en een vir een staan hulle op. Tot die professor klap hande. |
11. | Ek bly sit. Ek byt my lip tot hy bloei, maar die trane wil nie ophou kom nie. “Dankie, Ma! “ sê die vet, swart letters op die T-hemp. |
Dit is sulke bealngrike inligtimng wat jy deel. Dankie daarvoor.
LikeLike