NB! Die volgende geld vir alle tegnieke en is ongelooflik belangrik
om poësie beter te verstaan:
- Bepaal eers wat die reël beteken.
- Kyk dan watter tegniek(e) word in die reël gebruik om die spesifieke betekenis van die reël te beklemtoon.
Tipografie: Voorplasing, agterplasing, alleenplasing, tipografiese insnyding en tipografiese wit.Koeplet, tersine, kwatryne, kwintet, sestet en oktaaf.Kort reëls en ‘n baie lang reël.Rymposisie.Einde van ‘n strofe, einde van ‘n gedig.Leestekens (Ken hulle funksies in poësie) |
Beeldspraak: Antonomasia, metafoor, personifikasie en vergelyking. Jy moet kan verduidelik watter twee sake word met mekaar vergelyk! Bv. Die atleet word vergelyk met ‘n springbok. (Funksie: Dit hef uit dat die atleet baie vinnig is.) |
Halfrym: Assonansie (Vokale herhaal in ‘n reël): Bv. o-assonansie Bokkie, bok-bok, jy is die Bokkie van my hart . Sien jy die ie- assonansie en die y- assonansie? Alliterasie (Konsonante herhaal in ‘n reël): b-alliterasie: Bokkie, bok-bok, k-alliterasie: Bokkie, bok-bok, |
Volrym: Blanke vers, gebroke rym, kruisrym, omarmde rym, paarrym en slagrym |
Stylfigure: (Die bekendstes) Apostroof, ellips/weglatingsteken/beletselteken, enjambement, eufemisme/versagting, herhaling/repetisie/retoriek, hiperbool/ oordrywing, ironie, kontras/teenstelling/ of antitese, oksimoron, pleonasme, onomatopee/klanknabootsing, progressie, regressie, retoriese vraag |
Stemming/emosionele belewenis (Word veral bereik met woordkeuse en kort of lang vokale): Dit is die gevoel wat die leser kry as hy die gedig lees: Ken die volgende woordeskat: vrolik, morbied, inspirerend, hartseer, gelukkig, in verwondering. |
Tipe sprekers: Ek-spreker (Funksie: ‘n Persoonlike ervaring verleen geloofwaardigheid aan die gedig) Alomteenwoordige spreker (Funksie: So ‘n spreker verleen objektiwiteit aan ‘n gedig.) |
Baie goeie raad, begaafde kind kan dalk net na volgende week ‘n goeie afskop kry.
LikeLike
Vertel???
LikeLiked by 1 person
Sal later vertel ….
LikeLike
👍💗
LikeLike