Gepubliseer in Afrikaans Hulp,Aktiwiteite

Wat Jy van Leesspoed Moet Weet

Leesspoed kan bepaal hoe ons studiemateriaal en vrae in toetse en vraestelle beantwoord. Party mense bring outomaties hulle leesspoed af of versnel dit na gelang van behoefte. Meeste mense hou net aan lees met ‘n spoed!

Kyk maar hoe verkeerd beantwoord volwassenes hulle e-posse. Mmmm, en hoe verkeerd beantwoord leerders hulle vraestelle!

As jy ‘n vraestel skryf, is jy minder rustig as gewoonlik. Eintlik voel jy gejaagd. Daarom jaaglees jy. En neem min in. Jy besef dat dit nie sal werk in gevallestudies in vraestelle nie? Jy moet dan analiseer en advies gee of bloot jou kennis betrek om die vrae te beantwoord. Dan het ons nog nie gevra wat van begripstoetse, prosa en digkuns nie?

As jy studeer, moet jy jou leesspoed afbring om te kan inneem, verstaan en te kan onthou. Want dit is hoe jou brein werk. En dit is hoe dit is…

Hoe lees ‘n mens die maklikste stadiger? Jy onderstreep kernwoorde terwyl jy lees.

As jy enige taak of opdrag moet uitvoer, moet jy jou leesspoed afbring om die taak korrek uit te voer. Ja, ook in wiskunde, rekeningkunde en wetenskap!

Menige leerder lees in die toetse of eksamens net die helfte van die vraag, besluit hy weet presies wat gevra gaan word, rammel die antwoord af, want hy het gister nog hierdie vraag uitgewerk. Oeps, en toe vra die onnie ‘n ander vraag! Die vraag is toe nooit gelees nie. Wat sê mens vir so ‘n leerder? Moenie aanneem nie, lees stadig en deeglik.

Ander leerders lees nooit ‘n leesstuk in enige vraestel nie! Hulle lees die vraag en krap en sukkel agter die leidrade in die leesstukke aan. Hou jy ook van sukkel?

Goue raad

  • Jy lees stadiger en onderstrepend as jy studeer, want jy moet tog verstaan en onthou wat daar staan om sinvolle antwoorde in vraestelle te kan gee!
  • Onderstreep en omkring die kernwoorde van vrae wat in vraestelle verskyn. Ook in instrukies. So verstaan jy beter wat gevra word!
  • Onderstreep laat jou nie tyd mors nie. Dit maak sin. Die voordele is die volgende:
  • Jy fokus onmiddellik.
  • Jou aandag word nie maklik afgetrek nie. Jy fokus mos!
  • Jy verstaan baie vinniger, want jy fokus mos!
  • Laastens onthou jy beter omdat jy jou leesspoed afbring as jy onderstreep!
  • Dus spaar onderstrepend lees jou geweldig baie tyd, want jy ploeter en sukkel nie om deur ‘n leesstuk te kom nie. Jou fokus, gee jou spoed!
  • Lees met ‘n potlood en beleef hoe jy tyd spaar en meer effektief leer en vraestelle beantwoord.
  • Ek weet dit is moeilik om te glo…
  • Doen dit net…

Skrywer:

Ek is 'n afgetrede Afrikaans Huistaal onderwyseres. Ek het 22 jaar vir seniors Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. Eerstens skryf ek gedigte en kortverhale. Verder het ek begin met die reeks: Skryfwenke vir almal. Laastens skryf ek ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10-12 .

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.