Gepubliseer in Aktiwiteite,Begaafdheid

Uitdagende klaskamers vir begaafde leerders

Klaskamers kan vervelig of uitdagend vir die begaafde leerder wees. Hier volg ‘n lys van aktiwiteite wat begaafde leerders in die klaskamer uitdaag:

  • Vrae in die klaskamer dek al die vlakke van Bloom se taksonomie – vanaf kennis, tot toepassing, analisering, sintese, evaluering en kreatiewe denke
  • daag leerders uit om te misluk – en te leer om mislukking te hanteer
  • stel leerders aan boeke op hoër vlakke voor
  • versoek leerders om resensies te skryf
  • brei vaardighede uit as werk voltooi is
  • bied geleenthede vir toepassing in werklikheid
  • bied geleenthede om self-reguleringsvaardighede te ontwikkel
  • bied geleenthede om selfgerigtheid te ontwikkel

Hoe verskil self-regulering van selfgerigtheid?

  • Selfregulering verwys na die vaardigheid om ‘n taak te analiseer, te besluit wat gedoen moet word om dit suksesvol te voltooi en om dit dan wel betyds in te dien
  • Selfgerigtheid verwys na verder vlak, naamlik om ook te bepaal wat nog geleer moet word om die taak suksesvol te voltooi. Leerder kan byvoorbeeld besluit dat hy ‘n PowerPoint aanbieding gaan maak, maar aangesien hy of sy dit nog nooit gebruik het nie, besluit hy of sy om dan eers te leer om die toep te gebruik voordat die taak aangepak word.

Dit is belangrik dat begaafde kinders van geleenthede vir die ontwikkeling van beide self-regulering en selfgerigtheidsvaardighede gebied word omdat hulle dikwels perfeksionisties is wat kan veroorsaak dat take laat ingedien word.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

2 gedagtes oor “Uitdagende klaskamers vir begaafde leerders

Lewer kommentaar op Christa Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.