Alhoewel onderwysers dit nie doelbewus doen nie, kan hulle klaskamers begaafde kinders frustreer. Hier volg eienskappe van klaskamers wat begaafde kinders frustreer:
- isoleer kind om self te werk
- fokus op herhaling eerder as toepassing
- laat bord skoonmaak as werk klaar is
- stuur om goed te doen as klaar is
- vereis dat kind stilbly en wag tot almal klaar is
- laat portuur help – wat tot frustrasie kan lei as hulle nie verstaan nie
- te maklike werk, verdien A-simbool sonder om hard te werk.
Let daarop as die kinders 100% vir opdragte kry. Hulle het wel hard geleer, maar is hulle voldoende uitgedaag?