Beantwoord die volgende vrae aan die hand van die gegewe sin.
Gister het ‘n laserliggie ‘n arme seun se oë verewig en altyd beskadig.
- Tot watter woordsoort behoort die eerste woord van die sin?
- Maak ‘n betekenisvolle sin met die konnotatiewe betekenis van oë.
- Beklemtoon foeitog.
- Vorm na die analogie van liggie ‘n nuwe woord met “gewig”
- Beklemtoon gister korrek.
- Dui die gesegde van die sin aan.
- Identifiseer die laterale konsonante in die sin.
- Dui die alliterasie in die sin aan.
- Identifiseer en benoem die determineerder in die sin.
- Dui aan en benoem die hulpwerkwoord.
- Vorm deur middel van klinkerwisseling ‘n nuwe woord van het.
- Spreek jou uit oor die dubbelkonsonant in laserliggie.
- Is laserliggie ‘n simpleks of ‘n kompleks? Motiveer jou antwoord.
- Hoe is laserliggie gevorm?
- Wat is die funksie van die postmorfeem in arme?
- Gebruik die kern van laserliggie as bepaler en vorm ‘n nuwe samestelling.
- Maak ‘n betekenisvolle sin met die homoniem van lig.
- Gee die funksie van die postmorfeme in laserliggies.
- Dui die onderwerp aan en benoem dit volledig.
- Is arme ‘n byvoeglike bepaler of ‘n byvoeglike bysin? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
- Brei die sin uit met ‘n byvoeglike bysin.
- Dui die betekenisverskil aan as seun ontrond uitgespreek word.
- Skryf die onderwerp neer.
- Wat is die betekenisverskil as se met ‘n kappie uitgespreek word?
- Is die deelteken in oë funksioneel? Motiveer jou antwoord.
- Verdeel oë lettergrepe en dui aan of die letergrepe oop of geslote is.
- Gee die denotatiewe betekenis van beskadig.
- Beoordeel die spelwyse van verewig.
- Gee ‘n voorbeeld van ‘n taalverskynsel in die sin en benoem dit.
- Skryf die sin in die direkte rede.
- Skryf die sin in die indirekte rede.
- Vorm ‘n selfstandige naamwoord van beskadig en ewig.
- Skryf die sin in neutrale taal.
- Verander die sin na die lydende vorm.
- Vorm ‘n spesifieke vraagsin met bogenoemde sin.
- Vorm ‘n persoonsnaam van: arm, beseer.
- Brei die sin uit met ‘n bywoordelike bepaling van plek.
- Watter stylfiguur is hier ter sprake? Verduidelik en gee die funksie daarvan.
Memorandum Taalleerhersiening November 2017
- Uitroepsin (emosie word weergegee) en stelsin. (1)
- Die gebruik is reg. ‘n Sin begin met ‘n hoofletter en eindig met ‘n punt.
Die punt moet die gedagte afsluit. (3) - Inversie. Dit het die voorplasing van “gister” tot gevolg om die tyd te beklemtoon. (3)
- Tussenwerpsel. (1)
- Ek kyk met nuwe oë na die saak. (Ek verstaan dit nou anders/beter). (1)
- Fóéitog (1)
- Gewiggie (1)
- Dit is reg /gepas. Dit hef die emosie van bejammering uit. (2)
- Foeitog, gister net ‘n laserliggie die arme seun se oë vir ewig en altyd beskadig! (2)
- gíster (1)
- Het beskadig (1)
- Oei in foeitog (1)
- g-allitersasie, l-alliterasie, r-alliterasie (1)
- ‘n: onbepaalde determineerder/lidwoord, die bepaalde determineerder/lidwoord (2)
- Het: hulpwerkwoord van tyd (1)
- Gehad/had (argaïsme) (1)
- Die spelling is reg. In ‘n afleiding verdubbel die konsonant na ‘n kort beklemtoonde vokaal. (2)
- Kompleks. Die word kan ontleed word. Dit bevat twee stamme en ‘n postmorfeem. (2)
- Dit is ‘n samestellende afleiding (1)
- Dit vorm ‘n attributiewe adjektief/byvoeglike naamwoord (1)
- Ligstraal (1)
- Lig asseblief die stoel op sodat ek kan sien of my pen daar is. (1)
- -gie: vorm die verkleining, -s vorm die meervoud (2)
- Die seun: direkte voorwerp (1)
- Byvoeglike bepaling. Dit staan alleen sonder ‘n werkwoord. (2)
- Gister het ‘n laserliggie die arme seun, wat daar sit, se oë vir altyd en ewig beskadig. (1)
- Seën: beteken gawes wat jy onverdiend kry. Seun: is ‘n manlike kind. (2)
- ‘n laserliggie (1)
- Sê: dit dui daarop dat iemand praat. (1)
- Ja. Dit dui ‘n nuwe lettergreep aan en help so met die uitspraak. (1)
- o-e: (onthou: geen deelteken nie!) oop lettergreep, oop lettergreep (2)
- Seermaak (1)
- Dit is verkeerd gespel, want vir is ‘n losstaande voorsetsel in hierdie geval en nie die premorfeem ver- nie. (2)
- Vir ewig en altyd: pleonasme (2)
- Sy sê:” Foeitog! Gister het ‘n…”(direk =plus 4 nuwe leestekens) (2)
- Sy het bejammerend gesê dat ‘n laserliggie die vorige dag die arme seun se oë vir ewig en altyd beskadig het. (Indirek = minus 4 leestekens!!!) (1)
- Beskadiging, ewigheid. (2)
- Gister het ‘n laserliggie ‘n seun se oë permanent beskadig. (1)
- ‘n Arme seun se oë is gister vir ewig en altyd deur ‘n laserliggie beskadig. (1)
- Wanneer/Wat/ Wie se (Onthou die vraagteken) (1)
- Armes/armlastige(s), beseerde(s) (2)
- Gister by die skool/in die klas/ het ‘n laserliggie die arme seun se oë … (1)
(60)