Gepubliseer in Joernaal

Taalleer: Hoeveel vrae kan jy oor ‘n woord vra?

Gr. 9 – 12

Bestudeer die onderstreepte woord en beantwoord die vrae:

Om wrokke te dra, maak jou diep ongelukkig.

  1. Benoem die woordsoort waartoe wrokke behoort volledig.
  2. Waarom word hierdie woord met ‘n dubbelkonsonant gespel?
  3. Skryf die stemlose konsonant in die woord neer.
  4. Dui die ongeronde vokaal aan.
  5. Verdeel die woord in lettergrepe en dui aan watter lettergreep oop is. Waarom het jy op hierdie lettergreep besluit?
  6. Watter werkwoord is die basis vir hierdie woord?
  7. Hoe is die onderstreepte woord morfologies gevorm? Noem twee metodes.
  8. Doen ‘n volledige ontleding van hoe die woord gevorm is.
  9. Vorm ‘n nuwe selfstandige naamwoord deur van klinkerwisseling gebruik te maak.
  10. Verander nou hierdie selfstandige naamwoord na ‘n byvoeglike naamwoord.
  11. Gebruik die byvoeglike naamwoord in vraag 9 in sy attributiewe vorm in ‘n sin.
  12. Gee ‘n sinoniem vir wrokke dra.
  13. Skryf die antonieme van die volgende woorde neer: wrok, wraak, wreek
  14. Plaas klem op wraak en wreek.
  15. Gebruik wreek as wederkerende werkwoord in ‘n sin.
  16. Verklaar die onderstreepte spelwyse: wreker

Memorandum

  1. Selfstandige naamwoord, abstrak.
  2. In ‘n afleiding volg daar na ‘n kort beklemtoonde vokaal ‘n dubbelkonsonant.
  3. k
  4. e
  5. Wrok/ke, -ke, die lettergreep eindig op ‘n vokaal.
  6. Wreek
  7. Klinkerwisseling en afleiding
  8. Basis: wreek, agtervoegsel: -e
  9. Wraak
  10. wraakgierig.
  11. Die wraakgierige mens steel sy eie vrede.
  12. Haatdraend
  13. Vergifnis, vergifnis, vergewe
  14. Wréék, wráák
  15. Die man wreek hom.
  16. In ‘n afleiding word ‘n lang vokaal in ‘n oop lettergreep enkel gespel.
Gepubliseer in Joernaal

Taalleer: Woordsoorte en handige tabel daarvoor

Gr. 9 – 12

Om ons milieu beter te verstaan, is dit belangrik dat ons vra wat die funksie is van dit wat ons identifiseer. Dit help ook baie in die studie van alle afdelings van taalleer as jy die funksies van verskillende woordsoorte ken.

Gebruik die onderstaande tabel om die vrae te beantwoord:

  1. Kyk wat die funksie van elke woord in die volgende sinne is:
  1. Die ywerige, hardwerkende seuns wil môre in die mediasentrum studeer.
    1. Ons drie sal vanmiddag baie hard op die atletiekbaan moet oefen.
  • Gebruik die tabel om die spelwyses in hierdie woorde te verklaar:

2.1 Slaapkamer, spieëltafel, kussingsloop: ‘n … (woordsoort) plus ‘n … (woordsoort) wat langs mekaar gebruik word, word as een woord gespel. Dus is dit volgens woordvormingreëls ‘n samestelling!

2.2  Optel, aandra, insit, opskuif, uitspoel: ‘n … (woordsoort) plus ‘n … (woordsoort) wat langs mekaar gebruik word, word … Dus is dit volgens woordvormingreëls ‘n …

  • Gebruik die tabel om die belangrikste woordsoorte te leer ken.


Woordsoorte

FunksiesWatter woordsoort het hierdie funksie?Wees nou meer spesifiek. Vra die vrae. Skryf dan die spesifieke onderverdeling van die hoofwoordsoort ook neer. Bv. Lidwoord: bepaald
1. Hierdie woord dui aan na wie of wat presies verwys word):LidwoordDui dit aan of dit ‘n onbepaalde/bepaalde selfstandige naamwoord is?
2. Dié woorde gee name:Selfstandige naamwoordWaarvoor word ‘n naam gegee?
3. Hierdie woorde staan in die plek van name:VoornaamwoordeIn watter woord(e) se plek staan dit?
4. Dit beskryf die selfstandige naamwoord:Byvoeglike naam- woordStaan dit attributief of predikatief?
5.Hierdie woorde dui getal aan:TelwoordIs dit ‘n hooftelwoord of rangtelwoord?
6. Dit skep verbande tussen die s.nw en ander woordsoorte (telwoord/byvoeglike naamwoord/’n ander selfstandige naamwoord:Koppelwerkwoord 
7. Die handeling word   aangedui:HoofwerkwoordIs die handeling oorganklik/onoorganklik/ onpersoonlik/wederkerend wederkerig?
8. Dié woorde help die werkwoord:HulpwerkwoordDui dit tyd/lydende vorm/modalitieit (waarskynlikheid en moontlikheid) aan?
9. Hierdie woorde beskryf die werkwoord:BywoordWord graad/tyd/plek/wyse aangedui?
10. Hierdie woorde dui aan waar  in ‘n ruimte die een voorwerp ten opsigte van ‘n ander voorwerp is:Voorsetsels 
11. Dié woorde verbind sinne:VoegwoordeVerander die woordorde van die sinne nadat die voegwoord ingevoeg is of nie?