Gr. 9 – 12
Bestudeer die onderstreepte woord en beantwoord die vrae:
Om wrokke te dra, maak jou diep ongelukkig.
- Benoem die woordsoort waartoe wrokke behoort volledig.
- Waarom word hierdie woord met ‘n dubbelkonsonant gespel?
- Skryf die stemlose konsonant in die woord neer.
- Dui die ongeronde vokaal aan.
- Verdeel die woord in lettergrepe en dui aan watter lettergreep oop is. Waarom het jy op hierdie lettergreep besluit?
- Watter werkwoord is die basis vir hierdie woord?
- Hoe is die onderstreepte woord morfologies gevorm? Noem twee metodes.
- Doen ‘n volledige ontleding van hoe die woord gevorm is.
- Vorm ‘n nuwe selfstandige naamwoord deur van klinkerwisseling gebruik te maak.
- Verander nou hierdie selfstandige naamwoord na ‘n byvoeglike naamwoord.
- Gebruik die byvoeglike naamwoord in vraag 9 in sy attributiewe vorm in ‘n sin.
- Gee ‘n sinoniem vir wrokke dra.
- Skryf die antonieme van die volgende woorde neer: wrok, wraak, wreek
- Plaas klem op wraak en wreek.
- Gebruik wreek as wederkerende werkwoord in ‘n sin.
- Verklaar die onderstreepte spelwyse: wreker
Memorandum
- Selfstandige naamwoord, abstrak.
- In ‘n afleiding volg daar na ‘n kort beklemtoonde vokaal ‘n dubbelkonsonant.
- k
- e
- Wrok/ke, -ke, die lettergreep eindig op ‘n vokaal.
- Wreek
- Klinkerwisseling en afleiding
- Basis: wreek, agtervoegsel: -e
- Wraak
- wraakgierig.
- Die wraakgierige mens steel sy eie vrede.
- Haatdraend
- Vergifnis, vergifnis, vergewe
- Wréék, wráák
- Die man wreek hom.
- In ‘n afleiding word ‘n lang vokaal in ‘n oop lettergreep enkel gespel.