Gr. 9 – 12
Om ons milieu beter te verstaan, is dit belangrik dat ons vra wat die funksie is van dit wat ons identifiseer. Dit help ook baie in die studie van alle afdelings van taalleer as jy die funksies van verskillende woordsoorte ken.
Gebruik die onderstaande tabel om die vrae te beantwoord:
- Kyk wat die funksie van elke woord in die volgende sinne is:
- Die ywerige, hardwerkende seuns wil môre in die mediasentrum studeer.
- Ons drie sal vanmiddag baie hard op die atletiekbaan moet oefen.
- Gebruik die tabel om die spelwyses in hierdie woorde te verklaar:
2.1 Slaapkamer, spieëltafel, kussingsloop: ‘n … (woordsoort) plus ‘n … (woordsoort) wat langs mekaar gebruik word, word as een woord gespel. Dus is dit volgens woordvormingreëls ‘n samestelling!
2.2 Optel, aandra, insit, opskuif, uitspoel: ‘n … (woordsoort) plus ‘n … (woordsoort) wat langs mekaar gebruik word, word … Dus is dit volgens woordvormingreëls ‘n …
- Gebruik die tabel om die belangrikste woordsoorte te leer ken.
Woordsoorte
Funksies | Watter woordsoort het hierdie funksie? | Wees nou meer spesifiek. Vra die vrae. Skryf dan die spesifieke onderverdeling van die hoofwoordsoort ook neer. Bv. Lidwoord: bepaald |
1. Hierdie woord dui aan na wie of wat presies verwys word): | Lidwoord | Dui dit aan of dit ‘n onbepaalde/bepaalde selfstandige naamwoord is? |
2. Dié woorde gee name: | Selfstandige naamwoord | Waarvoor word ‘n naam gegee? |
3. Hierdie woorde staan in die plek van name: | Voornaamwoorde | In watter woord(e) se plek staan dit? |
4. Dit beskryf die selfstandige naamwoord: | Byvoeglike naam- woord | Staan dit attributief of predikatief? |
5.Hierdie woorde dui getal aan: | Telwoord | Is dit ‘n hooftelwoord of rangtelwoord? |
6. Dit skep verbande tussen die s.nw en ander woordsoorte (telwoord/byvoeglike naamwoord/’n ander selfstandige naamwoord: | Koppelwerkwoord | |
7. Die handeling word aangedui: | Hoofwerkwoord | Is die handeling oorganklik/onoorganklik/ onpersoonlik/wederkerend wederkerig? |
8. Dié woorde help die werkwoord: | Hulpwerkwoord | Dui dit tyd/lydende vorm/modalitieit (waarskynlikheid en moontlikheid) aan? |
9. Hierdie woorde beskryf die werkwoord: | Bywoord | Word graad/tyd/plek/wyse aangedui? |
10. Hierdie woorde dui aan waar in ‘n ruimte die een voorwerp ten opsigte van ‘n ander voorwerp is: | Voorsetsels | |
11. Dié woorde verbind sinne: | Voegwoorde | Verander die woordorde van die sinne nadat die voegwoord ingevoeg is of nie? |