Gepubliseer in Joernaal

Toepassing van jou kennis van woordsoorte

(Gr. 9 – 12)

Gebruik die lys van woorde en die onderstreepte sin en voer die opdragte uit.

desperaat, maer, moet, waar, by, sy, daardie, soekend, baie, honger, doodhonger, oë, na, hierdie, is, vandag, watter, hom, dringend, wil, hy, ontsettend, word, gister

Die leeu soek ‘n prooi. (In die vrae word na hierdie sin verwys)

  1. Vorm ‘n sin van drie woorde voor bogenoemde sin. Gebruik ‘n persoonlike voornaamwoord, koppelwerkwoord en intensiewe byvoeglike naamwoord.
  2. Verkort die onderstreepte sin na ‘n betekenisvolle sin van drie woorde.
  3. Vorm ‘n sin van agt woorde van die onderstreepte sin. Gebruik die betreklike voornaamwoord wat in die sin.
  4. Begin die sin met ‘n bywoord van tyd.
  5. Verleng die sin met ‘n bywoord van wyse.
  6. Begin die sin met ‘n bywoord van wyse.
  7. Begin die onderstreepte sin met ‘n aanwysende voornaamwoord.
  8. Gebruik die oorganklike werkwoord om die sin mee te begin. Watte tipe sin het jy nou? Onthou die regte leesteken.
  9. Met watter vraende voornaamwoord kan jy die sin begin? Wat moet jy hier onthou?
  10.  Gebruik die hulpwerkwoord van tyd het en ‘n modale hulpwerkwoord om die sin uit te brei.
  11. Verander die sin deur die werkwoord onoorganklike te maak.
  12. Brei die sin uit deur by leeu ‘n predikatiewe byvoeglike naamwoord en ‘n bywoord van graad in te voeg.
  13.   Watter voorsetsel kan jy sinvol in die sin invoeg? Skryf die sin neer.
  14.  Volg die sin op met ‘n sin van drie woorde. Gebruik ‘n besitlike voornaamwoord, ‘n soortnaamwoord en ‘n onvoltooide deelwoord.
  15.  Volg die sin op met enige woord uit die lys wat betekenisvol ‘n sin met net een woord kan vorm.

Memorandum

  1. Hy is doodhonger.
  2. Leeu soek prooi.
  3. Die leeu wat honger is, soek ‘n prooi/ Die leeu soek ‘n prooi wat klein is. Onthou die komma tussen twee werkwoorde!
  4. Vandag soek die leeu ‘n prooi/Gister het die leeu ‘n prooi gesoek.
  5. Die leeu soek dringend/desperaat ‘n prooi.
  6. Dringend/desperaat soek die leeu ‘n prooi.
  7. Hierdie/daardie leeu soek ‘n prooi.
  8. Soek die leeu ‘n prooi? Vraagsin. Onthou die vraagteken.
  9. Waar soek die leeu prooi?/Watter leeu soek ‘n prooi? Vraagteken.
  10. Die leeu wou ‘n prooi gesoek het/Die leeu moes ‘n prooi gesoek het.
  11. Die leeu soek.                        
  12. Die leeu is baie/ontsettend honger en soek ‘n prooi.
  13. Die leeu soek na ‘n prooi.
  14. Sy oë soekend.
  15. Desperaat/Dringend/Honger/Doodhonger/Gefokus

.