Ek het onlangs ‘n webinaar van die Suid-Afrikaanse Unie vir onderwysers gelei. Waarin ek die fokus op die behoeftes van die begaafde kind geplaas het. Daarom wil ek sommer hier verder daaroor gesels, naamlik hoe ontwikkel ek die begaafde kind se kennis, vaardighede en vermoëns?
Lees voort “Hoe ontwikkel ek die begaafde kind?”Etiket: Begaafdheid
Die hoogbegaafde en talentvolle leerder
Christa van Staden het my ‘n geruime tyd gelede gevra om iets te skryf oor die begaafde leerder. Ek skryf graag daaroor gesien vanaf my oogpunt en ek glo en mag dalk gestenig word uit verskeie oorde.
Aktiwiteite om begaafdes uit te daag om aandag te gee
Een van die belangrikste probleme waarmee begaafde leerders in klaskamers sukkel, is verveeldheid. Hulle verstaan vinniger, leer makliker en dit frustreer hulle as die ander leerders nie so maklik soos hulle verstaan nie. As hulle nie konstruktief besig gehou word nie, kan hulle klasse ontwrig. En later onderpresteer en selfs druip.
Lees voort “Aktiwiteite om begaafdes uit te daag om aandag te gee”Karaktertrekke van begaafde kinders
Dit is noodsaaklik om begaafde kinders betyds te identifiseer, daarom fokus ek hier op die karaktertrekke van begaafde leerders.
Lees voort “Karaktertrekke van begaafde kinders”Hantering van begaafde leerder in klaskamer
Begaafdheid, ook hoogsbegaafdheid, is temas, maar ontvang min aandag in die navorsingswêreld van die 4de Industriële revolusie, veral in die Suid-Afrikaanse konteks (Oswald & De Villiers, 2013).
Lees voort “Hantering van begaafde leerder in klaskamer”Wat is begaafdheid?
Die term begaafdheid is aanvanklik gebruik om na uitsonderlike intellektuele vermoëns te verwys, gemeet met ‘n erkende intelligensietoets. ‘n IK-telling van hoër as 130 is aanvanklik as hoogsbegaafd beskou.
Lees voort “Wat is begaafdheid?”