Gepubliseer in Joernaal

Taalleerwenke: Woordsoorte

Om ons milieu beter te verstaan, is dit belangrik dat ons vra wat die funksie is van dit wat ons identifiseer. Dit help baie as jy die funksie van woordsoorte verstaan.

Koppelwerkwoord: Hierdie woordsoort word nie deur almal verstaan nie. Koppel beteken verbind of in verband bring. Wat doen hierdie woordsoort in ‘n sin?

Vergelyk hierdie sinne:

  1. Die klaskamer.
  2. Die klaskamer groot.
  3. Die klaskamer is groot.
  • Ons kan sien dat die koppelwerkwoord eerstens baie belangrik is om betekenis aan die sin te gee.
  • Tweedens skep dit ‘n verband tussen die selfstandige naamwoord (of voornaamwoord) en die byvoeglike naamwoord.

Wat is die verband in hierdie sin? Is maak SINVOLLE beskrywing moontlik.

Vergelyk die volgende sinne:

  1. Hulle drie.
  2. Hulle is drie.
  • Derdens verbind die koppelwerkwoord die voornaamwoord of selfstandige naamwoord SINVOL met ‘n telwoord.

   Bestudeer hierdie sin:

  1. Hy is ‘n skilder.
  • Vierdens skep die koppelwerkwoord ‘n sinvolle verband tussen die selfstandige naamwoord en ‘n ander selfstandige naamwoord.
  • NB! “is” is ‘n hulpwerkwoord van vorm in die lydende vorm. Dit dui die verlede tyd aan. Kyk na die volgende voorbeeld: Die leerder het ‘n sertifikaat ontvang. Verlede tyd: ‘n Sertifikaat is deur die leerder ontvang.

Hier is ‘n handige tabel om van die maklikste woordsoorte mee te leer:

Funksies van woordsoorte

FunksiesWatter woordsoort het hierdie funksie?Wees nou meer spesifiek. Vra die vrae. Skryf dan die spesifieke onderverdeling van die hoofwoordsoort ook neer. Bv. Lidwoord: bepaald
1. Dit bepaal (dui aan wie of wat presies) LidwoordDui dit aan of dit ‘n onbepaalde/bepaalde selfstandige naamwoord is?
2. Dit gee name Selfstandige
naamwoord
Waarvoor word ‘n naam gegee?
3. Dit staan in die plek van    name Voornaam-woordIn watter woord(e) se plek staan dit?
4. Dit beskryf die selfstandige naamwoord Byvoeglike naamwoordStaan dit attributief of predikatief?
Staan dit in die stellende -, vergelykende – of vergelykende trap?
5. Dit dui getal aan TelwoordIs dit ‘n hooftelwoord of rangtelwoord?
6. Dit skep verbande Koppelwerk-
woord
Word die verband tussen woorde aangedui?
7. Die handeling word   aangedui Hoofwerk-
woord of net
werkwoord
Is die handeling oorganklik/onoorganklik/ onpersoonlik/wederkerend?
8. Dit help die werkwoord Hulpwerk-
woord
Dui dit tyd/lydende vorm/modalitieit (waarskynlikheid en moontlikheid) aan?
9. Dit beskryf die werkwoord BywoordWord graad òf tyd òf plek òf wyse aangedui?

Kyk na elk woord in die volgende sinne en bepaal wat die funksie van die woord in die sin is deur die tabel te gebruik:

1. Hulle skryf dikwels moeilike toetse.

2. Baie onnutsige leerders vind die drie hoofde redelik streng.

Skrywer:

Ek het 22 jaar Afrikaans onderrig - 10 jaar in EA en 12 jaar in Afrikaans Huistaal. Ek het in die verlede graag gedigte en kortverhale geskryf. Verder het ek my reeks, Skryfwenke Vir Almal, ook al afgehandel en geplaas op sandreyerskryf. Ek skryf ook vir "Die begaafde Kind" lesse en oefeninge vir Afrikaans Huistaal vir gr. 10 -12. Tans is ek besig om 'n poësiehandboek te skryf.

2 gedagtes oor “Taalleerwenke: Woordsoorte

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.