Begaafde kinders moet ook baie belangrike bestuursvaardighede aanleer.
Die eerste vaardigheid wat speel-speel op ‘n baie jong ouderdom aangeleer kan word, is sortering. Of dan klassifikasie.
Kom ek vertel jou hoe belangrik dit is: toe ‘n bekende maatskappy ‘n regruk besigheid se hulp ingeroep het, raai waar het hulle begin?
Kantore en store se etikette (labelling) en organisering van dokumente en voorraad is hersien. Almal moes verdelers in lêers aanbring. Etikette op lêers, houers, mandjies aanbring. Ook op rekenaars is dieselfde stappe gevolg vir lêers daar aangebring. Doel? Sodat almal minder sal soek en meer produktief kan wees. Soek is nie net goor nie. Dit mors ongelooflik baie tyd! En tyd is mos geld…
Kan jy insien dat jou begaafde kind ook ander vaardighede nodig het om suksesvol te wees?
Jy sien, ons wil net kennis inprop. Belangriker is: Ons moet almal insien dat kennis uiteindelik bestuur moet word tot jou voordeel.
Doen jou kind die guns en koop ‘n paar kleurvolle mandjies. Jy noem dit huisies. Alles om ons het huisies en moet vanaand as dit opruimtyd is in hulle huisies gaan doedoes.
Baie oulik!
LikeLike
Baie dankie. Lekker om terugvoer te kry! Dit inspireer my.
LikeLiked by 1 person