Die term begaafdheid is aanvanklik gebruik om na uitsonderlike intellektuele vermoëns te verwys, gemeet met ‘n erkende intelligensietoets. ‘n IK-telling van hoër as 130 is aanvanklik as hoogsbegaafd beskou.
Later is egter gemeen dat die term veel meer as intellektuele vermoëns omskryf.
Teen 1988 is die United States Office of Education se definisie aanvaar, naamlik dat begaafdheid kan verwys na bogemiddelde potensiaal of aanleg in een van die volgende afdelings:
- algemene intellektuele vermoëns
- spesifieke akademiese aanleg
- kreatiewe en produktiewe denke
- aanleg vir visuele en uitvoerende kunste, en
- psimotoriese vermoëns
Hierdie kategorieë van begaafdheid word in hierdie artikel verder omskryf.
Die werkkomitee: Onderwys vir hoogbegaafde leerders het begaafdheid in lyn met die bostaande beskryf as die besondere potensiaal wat die mens in staat stel om op verskeie terreine, of ‘n spesifieke een, hoog te presteer.
Vir alle praktiese doeleiendes word hierdie vorms van besondere vermoëns onder die term ‘begaafdheid’ ingesluit.
Ek gaan hoofsaaklik op die intellektueel-begaafde kind fokus. Indien jy ‘n kenner op een van die ander gebiede is, sal dit baie lekker wees as jy saam wil skryf. Laat ‘n boodskap hier onder.
Gesels gerus saam met ons.
Ek is self n intellektueel begaafde volwassene en my man ook. Ek is n posvlak 1 onderwyser. Op skool het ons albei uitstekend gepresteer maar nadat ons gegradueer het het beide van ons om verskillende redes nie in ons beroep presteer nie. Waarskynlik omdat ons albei hoogs sensitiewe persoonlikhede het. Ook speel perfeksionisme n groot rol.
LikeLiked by 1 person
Hi Henriette, jy moet nie jou prestasies in jou beroep met jou skoolprestasies vergelyk nie, dit sal jou onnodig seer maak. Jy is heeltemal reg, hoogs sensitiwiteit en perfeksionisme is twee van die karaktertrekke wat die begaafde mens se lewe kan bemoeilik. Daar is dikwels vir my vertel dat ‘n onderwyser ‘n dik vel moet ontwikkel om al die kritiek en onderstrominge in ‘n skool te hanteer. Ek stem nie saam nie en wil graag weet hoe jy dit hanteer.
LikeLiked by 1 person